Le Parc Residensiële Landgoed in die Paarl

Le Parc Residensiële Landgoed aan die voet van die rustige Bolandse dorp Paarl, bied gesinne die ideale leefstyl in ’n park-omgewing, gekombineer met luukse, Frans-geïnspireerde wonings.

Dit lê neffens die N1 vanaf die Paarl X ’n dorp wat spog met ’n ryk geskiedenis wat terugdateer tot die 1600’s. Le Parc word omring deur die natuurskoon van dié geskiedkundige dorp en die omliggende bergreekse, saam met ’n oorvloed van wynplase en ’n sterk gemeenskap. Inwoners sal ’n gesonde gesinslewe by Le Parc Residensiële Landgoed geniet. Daar is sowat 500 residensiële geleenthede, insluitend losstaande twee- en drieslaapkamerhuise. Die eiendomme beloop van R1 675 000 tot R3 155 000.

Inwoners sal ook die natuurlike parkomgewing met allerlei aktiwiteite in Le Grande Park kan geniet. Verskeie buitelugontspanningsgeriewe sal inwoners in staat stel om fiks te bly, lekker te ontspan en die natuur te geniet. Dit sluit in ’n groot ovaalvormige sportterrein, ’n kinderskaatspark, fietsry-oefenbaan, ’n buiteluggimnasium, tennisbaan, speelpark, ’n 4 km-fiets- en drafbaan, en daar is ook die Le Petit Ami-kleuterskool.

Gesinne kan in dié beveiligde omgewing piekniek onder die bome en op kleiner grasperke in die landgoed hou. ’n Verskeidenheid olyfbome, wingerde en boorde op die landgoed bied hiervoor oorgenoeg koelte, vrugtige aromas en welige groenigheid. Die landgoed is gerieflik geleë met maklike toegang tot die N1-snelweg sowel as die middestad, nabygeleë wynplase en plaaslike besienswaardighede.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die ingang by die Le Parc Residensiële Landgoed in die Paarl.

Daar is selfs ’n park asook vele ander geriewe wat jou vir ure besig sal hou.

Kies ’n twee- of drieslaapkamerhuis met kombuis in Franse of kontemporêre styl.

’n Straataansig van die landgoed gee jou ’n idee van die rustige omgewing.